Top Twenty


Uitnodiging na Sakekamer netwerk funksie

Uitnodiging na Sakekamer netwerk funksie

https://toptwenty.co.za/places/stilbaai/stilbaai-sakekamer/

24-Aug-17

NET VIR STILBAAI SAKEKAMER LEDE

Beste Sakekamer Lid,

U word vriendelik uitgenooi om 'n netwerk sessie by te woon vir kleinsake-eienaars / bestuurders wat op 29 Augustus 2017 by Stilbaai Gholfklub (18h00 vir 18h30) gehou sal word.

Afgesien van die geleentheid om ander sakemanne/vroue te ontmoet, beplan ons om 'n gesprek te voer oor sake-uitdagings en het ons daarin geslaag om die dienste van twee ervare sakevroue te bekom wat die bespreking sal fasiliteer.

Aangeheg vind u kort besigheidsprofiele vir u insae.

Dit sal waardeer word as u u teenwoordigheid teen nie later nie as 25 Augustus 2017 kan bevestig

Ons sien uit daarna om u op die 29ste te sien

Besigheids groete.

Rean Pretorius
Voorsitter 

https://toptwenty.co.za/places/stilbaai/stilbaai-sakekamer/

Articles are written by independent contributors and the views expressed in this article does not necessarily reflect the opinions of Top Twenty.