Top Twenty


Hoekom betaal vir bemarking as jy dit gratis kan kry?

Hoekom betaal vir bemarking as jy dit gratis kan kry?

17-Jun-16

Alles kos deesdae geld. Advertensies is baie duur, selfs in die gemeenskapskoerante. Die tradisionele manier van bemark is lankal verby en net die mense wat nie moderne bemarking verstaan nie bemark nog op die tradisionele manier. Gedrukte pamflette, advertensies in koerante en blaadjies wat onder karre se ruitwassers geplaas word is nie net oudmodies nie, dit werk nie.

Vandag is daar ook allerhande nuwerwetse bemarkings geleenthede, en partykeer ook bemarkings foefies. Hoe weet jy wat werk? Hoe weet jy wat resultate bring? Hoe weet jy dat jy nie jou hardverdiende geld mors nie?

Daar is honderde 'Apps' en ander web tuistes wat resultate belowe maar in omtrent alle gevalle is dit ook 'n mors van tyd en geld. Veral in kleiner gemeenskappe word goedhartige mense oortuig om geld te spandeer op nuwe foefies en daar word 'n horde beloftes gemaak dat hierdie spesifieke geleentheid die een is wat gaan werk. En dan gooi mense nog geld in die water. 

So hoe weet jy of die bemarkingsgeleentheid wat aan jou verkoop word werk?

Gebruik jy dit self?

As jy nie self die app of website gebruik nie hoekom dink jy iemand anders sal? Dit is tog seker die eerste vraag. Vra jou vriende en veral jou kliënte. Hoe het hulle van jou gehoor en weet hulle van hierdie nuwe ding wat aan jou gesmous word?

Vra vir statistieke

Hoeveel unieke besoekers het die app of website? En nou praat ons nie van 'hits' nie. Hits is elke keer wat iets gelaai word vanaf die website of app. Een unieke besoeker kan honderde 'hits' veroorsaak, so dit is nie 'n goeie maatstaf nie. Vra die vraag: Hoeveel unieke besoekers kry die besigheid elke dag?

Wat is die demografie van die besoekers? 

M.a.w, waar woon hulle en wie is hulle. Dit is belangrik want dit help nie om aan mense te bemark wat nie jou produk of diens sal koop nie omdat hulle nie in die demografie van jou besigheid pas nie.

Hoeveel 'clicks' kry besighede op die app of website.

M.a.w, hoeveel keer besoek iemand 'n spesifieke besigheid op die app of website?

Kyk na die laaste 30 dae en werk die gemiddelde uit. Jy kan dan 'n sommetjie maak deur die maandelikse fooi wat gevra word te deel deur die hoeveelheid unieke besoekers wat die gemiddelde besigheid op die app of website kry. Nou weet jy hoeveel dit gaan kos om 1 persoon te kry om jou besigheids inligting te sien.

Met baie van die foefies vandag kan mens sommer vinnig uitwerk dat dit 'n mors van geld is. Wat help dit jy betaal honderde rande vir 2 mense om jou besigheids inligting te sien? Daar is mos goedkoper en meer effektiewe manier om te adverteer.

As jy nie die statistieke in die hande kan kry nie dan is daar definitief 'n probleem. As hulle nie vir jou kan wys of dit werk nie dan moet jy weet dit werk definitief nie!

Moet nie beïndruk wees deur 'Geek speak' nie. Nuwe goed is nie altyd goeie beleggings nie. Partykeer moet mens wag om te sien hoe dit ontwikkel en of dit aftrek kry. Vind uit of dit werk, want dit is al wat tel, anders mors jy jou geld.

Daar is wel geleenthede om baie effektief te bemark sonder dat jy nodig het om 'n klomp geld te spandeer. Ja, jy het reg geraai. Top Twenty is een van hulle. Hoekom?

  1. Want dit werk. Ons het al die bewyse dat besighede wat Top Twenty gebruik ongelooflike resultate kry.  
  2. Jou kliente gebruik Top Twenty. Dit is mos 'n goed genoeg rede hoekom jy daar moet wees.
  3. Top Twenty is plaaslik. Adverteer aan mense wat relevant is vir jou besigheid. 
  4. Dit is gratis. Dit kos jou null, nada, zip, niks.

Daar is net nie 'n beter geleentheid om jou besigheid te bemark as op Top Twenty nie. Top Twenty het 'n groot volume inligting oor jou dorp, die besighede in jou dorp en bereik potensiële kliente wat elke dag Top Twenty gebruik om besighede soos joune te vind.

Articles are written by independent contributors and the views expressed in this article does not necessarily reflect the opinions of Top Twenty.