Top Twenty


Annatjie Louw, Stilbaai se Up-Cycle Artist

Annatjie Louw, Stilbaai se Up-Cycle Artist

29-May-16

Dit is presies wat sy doen. Sy up-cycle enigiets wat ongekunstelde mense (soos ek) sal weggooi. Sy maak dit nuut… en mooi. Die winkel is ‘n doolhof van “onthou jy nog”. Die naam “Te Wees” sê ook sommer alles van Annatjie, om “te wees”. Soos in om jouself te wees, om mens te wees of net… om te wees. Gaan lees gerus meer oor Annatjie en haar onderneming in die tydskrif Idees (uitgawe 169) November 2015.

Annatjie is emosioneel geheg aan elke item in haar winkel. As jy daar iets koop, wees verseker dit word aan jou afgestaan soos iemand wat noodgedwonge ‘n geliefde troeteldier moet verkoop. Moet nie verbaas wees as Annatjie jou na ‘n week of twee bel en vra of dit nog goed gaan met die item wat jy gekoop het nie!

Oorspronklike artikel: https://bonties.wordpress.com/

Articles are written by independent contributors and the views expressed in this article does not necessarily reflect the opinions of Top Twenty.